‘n Schaap van ‘n ander kleur …
Deur Ursula vd Westhuisen 16 Sept 2022

‘KOM, kom, kóm … nou maak ons die honde los!’
Suzette loop voor – en nou draai sy die pas so ‘n knak aan. Dit is Dag Een van ons Schaap Rivier Canyon stap-avontuur en ons is by die laaste bult van ‘n kleurvolle roete deur Nigramoep se mooi graniet-koppe.
In die Slow Living Gasteplaas se warm kombuis prut die potte en ons sit aan vir die geurigste boerekos, ‘Vaal-Vleis’ en al! Hano & Sonja van TriSport verduidelik wat voorlê; Suzette & Johanna is gewapen met die beste kennis van die omgewing se fauna, flora & paaie om ons groep te lei; Marius, Stefan & die logistieke span maak seker ons het elke aand ‘n beskutte kampplek, kompleet met warm storte, ‘n eko-gemakshuisie en tente wat nommerpas. En o ja, vir die smulpape is daar bees-pot, biefstukke, braaibroodjies, vars slaaie en stok-marshmallows op die aand-ete lys ook!
Oor die volgende drie dae sak ons met ‘n steil padjie af van die plato tot digby die Spektakel Myn, draai dan by die bek van die Canyon in, en stap noord deur haar kronkelende klowe en langs ruwe rotswande tot terug by die Gasteplaas.
Dit is blomtyd in Namakwaland en ons word omtrent bederf met die pragtigste natuurskoon en lekkerste sonskyn dae. Read more on (6) Ursula Vd Westhuizen | Facebook
CONTACT US
close slider